Die naam AMOS kom uit die Ou Testament.  Amos was ’n boer en ’n profeet.  Hy het gewaarsku teen vormgodsdiens, onreg en uitbuiting.  Hy het verkondig dat godsdienstigheid nie genoeg is nie.  God se kinders moet 24 uur van elke dag in verhouding met Hom en volgens sy wil leef.  Die woord Agrimin is ’n afkorting van Agricultural Ministries.

AMOS se logo is ryk aan simboliek.    Die windpomp simboliseer landbou.  Die windpomp voorsien water en bring lewe en voorspoed.  In AMOS bely ons Jesus Christus (die rooi kruis) as die Bron van Lewende Water (blou stroom).  Sonder Hom is lewe in oorvloed onmoontlik.  Die windpomp is 100% afhanklik van die wind. Net so is ons volledig afhanklik van die kragtige werking van die Heilige Gees.

Bid vir AMOS:

  1. Die profeet Amos sê 40 keer: So sê die Here.
  2. Bid dat AMOS net sal sê wat God sê. Niks meer en niks minder nie!
  3. Bid dat landbouers die Woord sal ken en God se stem duidelik sal hoor;
  4. Bid dat nie een van ons bang sal wees om God se wil vir die landbou te verkondig nie.

One Response

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *