25 jaar!

Ons vier die koms van die Koninkryk in die Landbou oor die afgelope 25 jaar!

WAT GEBEUR? Ons wil graag die Here loof en prys vir alles wat Hy sedert 13 Augustus 1993 in en deur Amos Agrimin in die landbou gedoen het. Maar ons wil dié 25-jaar vier saam met ander landbougerigte bedieninge waardeur die Here ook kragtig gewerk het. Kom vertel jou storie as ’n lofoffer aan die Here. Kom kry inspirasie deur na ander se lof-stories te luister. “Our history is His-story!” Jy wil dit vir niks ter wêreld mis nie.

WANNEER? 9-11 Augustus 2019. Die fees begin Vrydagmiddag 17:00 en duur tot Sondagmiddag 12:00. Opleiding (deur Foundations for Farming) en ander aktiwiteite gaan DV reeds vanaf Donderdagoggend die 8ste aangebied word. Ons hou ook ons jaarlikse GF4GF Netwerk-vergadering die Donderdagaand en/of Vrydagoggend. Jy is dus welkom om vroeër te kom om lekker te kamp en te kuier. Jy kan selfs eers die Maandag vertrek as jy wil.

WAAR? Op ’n pragtige plaas tussen Riversdal en Stilbaai (Favour Stud).

WIE? Almal wat deur woord en daad aktief betrokke is by die vestiging van die Koninkryk van God in die landelike en boerderygemeenskap. Werkgewers en werknemers; mans, vrouens en kinders. GF4GF Centres (Good Foundations for Good Fruit) en ander Christelike bedieninge op die platteland! Afrikaans en Engelssprekendes. Jý is welkom! Kinders is ook welkom!

HOE? Almal kampeer; sorg vir eie beddegoed, eetgerei, kos en drinkgoed (verkieslik geen alkoholiese drank nie asseblief); Maak asseblief sovêr moontlik gebruik van gasbranders aangesien oop vure risiko’s inhou. Daar is 154 mooi perdestalle – jy kan een bespreek, dan hoef jy nie tent op te slaan nie. Meer besonderhede volg later. (Mighty-Men-styl! Die manne sal verstaan wat ons bedoel.)

KOSTE? Vrywillige dankoffers kan gegee word om die koste wat daar wel is, te help dek. Jy kan jou vrywillige bydrae gedurende die naweek maak, of dit vooraf in Amos Agrimin se rekening inbetaal:
Bankbesonderhede:
Rekening naam: Amos Agrimin
FNB takkode: 230-534
FNB rekening: 5299 000 8842
Verwysing: 25fees + jou naam

BESPREKINGS: Bespreek asseblief voor 31 Julie 2019.
Stuur ’n epos aan: jolene@amosafrica.net

We all overestimate what we can do in a day, but we all equally underestimate what we can achieve in a lifetime.

Donderdag 8 Augustus
11:00 – 11:25 Registrasie: Foundations for Farming Opleiding.
11:30 – 17:00 Foundations for Farming: Opleiding deur Boet Pretorius.
18:00 – 19:30 GF4GF Netwerk vergadering: Volhoubare besigheidsmodel.

Vrydag 9 Augustus
06:30 – 07:30 Gebedsbyeenkoms: Die storie van FfF – Willie du Plessis
08:00 – 13:00 Foundations for Farming: Opleiding deur Boet Pretorius
17:30 – 20:00 Saamtrek 1:

Lof en aanbidding
Inspirerende video-clips van verskillende bedieninge
Getuienisse: GF4GF Centres (GoodYear-studente)
Frans Sekhoto (Amos Agrimin Sentraal)
Jako du Plessis / Ernst du Preez (Die storie van God’s Favour)
Psalm 107:43 Wie verstandig is, moet op hierdie dinge ag gee, hulle moet let op die Here se dade van trou.

Saterdag 10 Augustus
06:30 – 07:30 Gebedsbyeenkoms: Grondhervorming en Landbou-uitdagings: Hennie Viljoen
10:00 – 12:30 Saamtrek 2:
Lof en aanbidding

Getuienisse: Boere / Plaaswerkers / Bedieninge / Kerke / Amos Streke
Karoo Mighty Men – Tinus du Plessis (Boekbekendstelling)
Program vir skoolgaande kinders: Janetta en GoodYear-spanne
Program vir voorskoolse kinders: Rozanne Viljoen
Psalm 115:1 Nie aan ons nie, Here, nie aan ons nie, maar aan u Naam kom die eer toe, want dit is U wat liefde en trou bewys.
15:00 – 16:30 Grondhervorming-gesprek: Verskillende modelle wat reeds werk (Paneel: Jack Armor; Hennie Viljoen en ander) Kom lewer ook jou inset en vertel jou storie.
Program vir skoolgaande kinders: Janetta en GoodYear-spanne
Program vir voorskoolse kinders: Rozanne Viljoen
17:30 – 20:00 Saamtrek 3:
Lof en aanbidding
Getuienis-bemarking: 40-Dae Gebedsfokus op die Landbou
Foundations for Farming
GF4GF Centres
Future Farmers (nog nie bevestig)
M.D. Foundation (nog nie bevestig)
Spreker: Vanuit ’n Afrika hoek: Boet Pretorius

Sondag 11 Augustus
06:30 – 07:30 Gebedsbyeenkoms: Bemagtiging van ’n nuwe generasie: Wessel Bibby en studente
09:00 – 12:00 Saamtrek 4:
Lof en aanbidding
Nagmaal: JB Wessels
25 Jaar – 25 Lesse: Hennie Viljoen
Stand up, Stand up for Jesus
Markus 4:26-32 Die Koninkryk is soos … ’n mosterdsaadjie. Sagaria 4:10 Moenie die dag van klein dingetjies geringag nie

Related Post