Dag 23 – Dink nuut oor die manier waarop ons sonde oorwin: Deur geloof, en nie deur meer en strenger reëls nie!

Lees:     1 Johannes 5:3-5 en Romeine 6:14, asook 2 Korintiërs 13:5

 

Moenie biddeloosheid probeer oorwin deur meer reëls en strenger wette nie.  Om nog harder te probeer om meer te bid, gaan waarskynlik nie werk nie.  Min het dit nog reggekry.  Ek het oor en oor vir myself (en ander) gesê:  Net soos Jesus moet ek tyd maak om te bid.  Maar kort voor lank het ek weer misluk.   Dit het my moedeloos gemaak.

Hoe kry ek en jy oorwinning oor ons traagheid om te bid?  Die antwoord is: Deur geloof in Christus Jesus, die Oorwinnaar.  Die oorwinning wat ons oor die wêreld en die sonde het, is deur die geloof (vgl. 1 Johannes 5:3-5).  Sonder dat ons dit hoegenaamd verdien, gee Jesus die oorwinning wat Hy oor biddeloosheid behaal het, as geskenk aan ons.

Net soos jy Jesus vertrou het om jou te red omdat jy jouself nie kon red nie, moet jy Hom vertrou om jou te verlos van die sonde van biddeloosheid, omdat jy jouself nie kan verlos nie.  Moet tog nie die fout maak om te dink dat jy deur geloof tot redding kom, maar deur goeie werke tot oorwinning nie.   Wanneer Paulus sy stryd met sonde beskryf, getuig hy dat net Christus oorwinning gee (Romeine 7:24-25).

In plaas daarvan om die hele tyd op die sonde van biddeloosheid te fokus, begin fokus op Jesus.  Dink daaraan dat jy met Hom gesterf en opgestaan het.  Stel jouself tot sy beskikking sodat Hy in en deur jou kan leef (Romeine 6:10-14).  Hy sal ook sy gebedslewe deur jou kom leef.

As jy nie glo dat oorwinning oor biddeloosheid moontlik is nie, sal jy nooit oorwinning kry nie.

 

Gebed:      Vader, ek dank U in geloof dat ek die traagheid om te bid beslis gaan oorwin omdat Jesus, die Oorwinnaar, in my leef.

 

Boer voor die troon in belang van trek- en seisoenarbeiders.  Bid vir hulle huwelike en gesinne wat erg ontwrig word.  Bid teen versoekings wat hand aan hand met hierdie praktyk gaan.  Bid vir wysheid en Goddelike oplossings vir dié moeilike vraagstuk.

 

Bid vir Afrika:    Fokus op die landbougemeenskap in Gaboen.

Om die voledige gebedsfokus af te laai voltooi die vorm hier onder:

Jou Naam en Van (vereis)

Jou Epos adres (vereis)

Jou Provinsie(streek) (vereis)

Om die voledige Boer voor die Troon – Handleiding vir Gebed af te laai voltooi die vorm hier onder:

Jou Naam en Van (vereis)

Jou Epos adres (vereis)

Jou Provinsie(streek) (vereis)

Related Post